Home  |  Visitor information  |  Contact us  |  Facilities  |  Vacancies  |  Tenders  |  Links     
 Anglo-Boer War Museum
An agency of the Department of Arts and Culture
 Museum  National Women's Memorial  Exhibitions  Collections  Research  Education  What's on

What's on



Mother's Day Luncheon 8 May 2016

MOEDERSDAG MIDDAGETE MET GEREGTE UIT DIE KOOKBOEK HARTSKOMBUIS: BOEREKOS VAN DIE ANGLO-BOEREOORLOG TOT VANDAG

Hartskombuis bevat meer as 100 resepte vir alles van boereworspastei en watertandlekker tamatiebredie tot pampoenkoekies en 'n magdom nageregte en gebak. Dit is volgeprop met tydlose Boerekosresepte, historiese brokkies en pragtige fotos van voorwerpe uit die Anglo-Boereoorlog. Hartskombuis is saamgestel deur historici verbonde aan die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein. Die geskiedenis was nog nooit so verteerbaar nie!

Daar sal 'n kort boekbekendstelling plaasvind van Hartskombuis asook Å“n gelukkige trekking. Die boek sal te koop aangebied word.

SPYSKAART
Verversing: Gemmerbier en Boeretroos
Voorgereg: Dik boontjiesop met Boerbrood
Hoofgereg: Rolrib, wildspastei, kerrie-afval
Bykos: Stampkoring / stampmielies, gestoofde groenbone, lemoenpatats, slaai en slaphakskeentjies
Nagereg: Outydse speserypoeding met karamelsous

PLEK: Santa Restourant, Oorlogsmuseum-terrein, Monumentweg, Bloemfontein
DATUM: Sondag 8 Mei 2016
TYD: Vanaf 11:00
KOSTES: R180.00 per persoon, kinders onder 6-jaar is verniet
BESPREKINGS: Kontak Jacques Nortje 0845029971 vir besprekings voor 6 Mei 2016 met bewys van betaling, Flexi-spaar, J.C. Nortje, Rekeningnommer: 9130767549 of direkte betaling by Sante Restourant (Slegs beperkte sitplekke beskikbaar)


Click to enlarge image
Posted: 2016/04/22 (11:22:20 AM)


 Comments




Top of the page   Bookmark and Share    
Contact: museum@anglo-boer.co.za - (051) 447-3447 and (051) 447-0079
Copyright © 2017 War Museum of the Boer Republics. All rights reserved