Hartskombuis: Boerekos vanaf die Anglo-Boereoorlog tot vandag

Hartskombuis: Boerekos vanaf die Anglo-Boereoorlog tot vandag

Hartskombuis: Boerekos vanaf die Anglo-Boereoorlog tot vandag

Hartskombuis: Boerekos vanaf die Anglo-Boereoorlog tot vandag
OOrlogsmuseum (samesteller)

OOR DIE SAMESTELLERS
Hartskombuis is saamgestel deur historici verbonde aan die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke
in Bloemfontein. Dit is ’n hersiene uitgawe van ’n boek wat in 1994 verskyn het en swaar gesteun het
op die luisteraars van die radioprogram Vrouefokus wat Boerekosresepte verskaf het. Van die eerste
resepteboeke in Afrikaans is ook geraadpleeg.

BESKRYWING
Hartskombuis bevat meer as 100 resepte vir alles van boereworspastei en watertandlekker
tamatiebredie tot pampoenkoekies en ’n magdom nageregte en gebak.

Dit is volgeprop met tydlose Boerekosresepte, historiese brokkies en pragtige foto’s van voorwerpe
uit die Anglo-Boereoorlog. Die skrywers verweef die resepte naatloos met inligting oor hoe die Boere
gedurende die oorlog kos ingesamel en gemaak het. Tussendeur is daar fassinerende verhale soos dié
van Nonnie de la Rey, vrou van genl. Koos de la Rey, wat op haar eie in die veld oorleef het.

Die boek bevat ook etlike resepte van disse wat uit die oorlog dateer, byvoorbeeld bontspan
(sosaties), stormjaers (vetkoek) en kommandorys wat die Boerekrygers te velde geëet het. Ná die
oorlog het Afrikaner-patriotisme weer tot uiting gekom in fyngebak soos Generaal De Wet-koek en
Generaal Smuts-koekies wat na die Boeregeneraals vernoem is.

Die geskiedenis was nog nooit so verteerbaar nie!

Kontak Jean Pieters by jpieters@nb.co.za of 021 406 3033 vir
meer inligting oor die boek en die skrywer
www.nb.co.za
(021) 406 3033
Uitgewer: Tafelberg
Publikasiedatum: 26 Februarie
Prys: *R300
Bladsye: 216
Formaat: 270 mm x 200 mm
Bindstyl: Sagteband
Illustrasies: Ja
Kategorie: Kookkuns
ISBN-13 : 9780624072034

* Prys onderhewig aan verandering